Let’s Talk Theatre Again #7: ‘n Dag innie Lewe vannie Multitalented Veronique Jephtas!


Ôs afgelope paa conversations met Veronique Jephtas was so bubbly en enjoyable dat Cultsha Kennis beslis hierrie saam’t julle wil deel. Veronique se wêk is multifaceted nes haar personality, ‘n baie key element wat vi kunstenaa’s soe interesting maak. Lies leqqa hieronner!   


Cultsha Kennis: Congrats mettie suksesvolle loop van Hoe Change Hulle by Toyota US Woordfees 2020! Sê meer vir ôs oorie toneel. Wat het jou geinspireer om hierrie storie te skryf? Issie storie van Sheldon gebaseer op ‘n werklike persoon?

VJ: Hoe Change Hulle is ‘n storie oor bruinmans en ie constant struggles wat hulle face. It daag Pa's yt om te sien ie effect wat hulle het op hulle kinnes. Ma's oek, but vir ‘n laitie, is ‘n pa mos ma altyd ‘n groot influence. It deal met ie stereotypes wat daa' buite is oo' ôs mense en Shelly praat oo' sy past relationship met Hailey, wat oek ie oorsaak is vir hom wat innie tronk is. Dit vra die letterlike vraag “hoe change hulle?” – hoe gaan dinge ve’anne? En innie ghetto is dit mos ‘n greeting of some sort, cause mense like sê, “Awe, my broe, hoe change hulle?” wat vra “hoe ganit”. En dit is wat ek wou wiet by my mense: Hoe ganit met julle en hoe gat ôs dinge change? Oppie ou end is Shelly iemand wat hoep as hy uitkô en virrie laities vra “hoe change hulle?” in plaas van sabela sal hulle sê for the better. Die inspirasie was letterlik my mense en hoe dinge gaan innie ghetto, en oek omdat niemand rêrag ie bruinman die geleentheid gee nie om te praat ie – toe gie ek ie man ‘n uur om sy hart skoon te kry. En dis ie gebasseerd op ‘n real life Shelly nie, alhoewel, as jy die stuk gesien et, herken jy iemand soes daai. En daai is altyd my goal as skrywer – om stories te skryf wat van alle kante af tref.


Veronique Jephtas in My Kroon Se Krank by Teksmark
Foto deur Nardus Engelbrecht 

Cultsha Kennis: Ve’têl ôs van jou ervaring met Lee-Ann van Rooi en Marlo Minaar.

VJ: Jong, Lee-Ann is my ma en Marlo is special. Daai is al wat ek kan sê. Ek sê altyd ek et ie jackpot geslat met daai twie. Hulle wiet wat hulle doen en behandel ie teks met só ‘n groot respek wat ek ie al dag sien ie.

Cultsha Kennis: Hoe het die Universiteit van Stellenbosch jou development as skrywer en kunstenaar ge’influence?

VJ: Stellies het my baie ugly truths van ie wêreld lat sien. Ek is vannie Paarl, nie te vêr van Stellies af ie, maa dit het my laat sien dat entitlement en privilege rêrag iets is wat mens moet aanspreek. En daai is wat my inspire om my mense se stories met integrity te vertel en nie ôs pyn te romanticize ie. Niemand sal ooit by my stuk uitloep en sê, “ai shame, hulle het dit só moeilik’ie" cause my wêk is hoofsaaklik oo' healing vi' my mense en ‘n gesonde manier van deal met die generational trauma en ugliness wat ie wêreld ôs bied. Maa' oek ie mooiheid van bruinwees en die hoeveelheid krag wat is besit, want ôs powerful hoh.

Cultsha Kennis: Djy is ‘n digter en djy skryf toneelstukke – ‘n regte poet-playwright! Watter genre verkies djy? Hoe wiet djy wanner ‘n idee ‘n gedig of ‘n toneelstuk is?  


VJ: ‘n Tipiese Veronique Jephtas produksie bestaan altyd yt woordkuns,  komedie, drama en bietjie kabaret. En ek ve'kies it so! Daa' is altyd poetry in al my stukke en poetry heighten die emotion, so ek dink ek kan my sterre dank dat ek al twie ka' doen. Jong, ‘n gedig wiet ek ie, maa ek wiet net ‘n play vra obviously siekere elements en arcs om suksesvol te wies. Een sin ka’ ‘n gedig wies, maa oek drie bladsye. Ek dink ie ek ken ie regte antwoord hie' op ie. Sien jy – nou laat jy my nogal dink!



Cultsha Kennis: Djy het oek ‘n rol in Fynskrif, ‘n TV show op KykNET, onlangs gespeel. Ve’têl ôs meer van hierrie ervaring.

VJ: Fynskrif was rêrag ie beste entry into die TV industry, net omdat Neels van Jaarsveld seker die lekkerste mens is om teenoor te speel en omdat Nina Swart, wat ie regie behartig, so flippen talented en cool is. Daai hele span is magic en om Amy te kom vertel, met al haar sass, was ‘n gift. 

Rehearsals vir Jakkals & Wolf Onbeperk 

Cultsha Kennis: Jy was oek gesien in Jakkals en Wolf Onbeperk. Hoe ve’skil TV-toneelspel van teateroptrede?   

VJ: Jakkals en Wolf Onbeoerk, is ie Fiësta bekroonde produksie vi' beste ensemble. Dit was magical en lekker om ‘n krokodil en kraai te speel, en ie ingelooflike Amelda Brand se kop wêk ie heeltemal soes ôs sin ie, so it was great een mal. En natuurlik,was ie teks deu’ die amazing Malan Steyn en musiek deu' Frazer en Deniel Barry en ie hele cast was ongelooflik. Teater is baie meer intiem. Ek weet nie. Die verskil tussen is twee is natuurlik ie immediate response wat jy kry van ie gehoor. Met televisie wag jy maar mense moet kyk wannee'it eventually air. Maar is equally special en rêrag lekke.


Cultsha Kennis: Baie geluk mettie keuse van PEN Afrikaans en die Jakes Gerwel-stigting vir die skrywersverblyf! Waaraan gaan djy wêk met hierrie program?

VJ: Dankie. Dit was nou rêrag lekke’ nuus in 2020 wat al klaa' so mal is. Ek beplan on te wêk aan ‘n paa' kortverhale, in Kaaps, wat ek innie future kan adapt na plays. Ek kyk maa' net yt vir ie toekoms.




Cultsha Kennis: Hoe hettie coronavirus-pandemie ênnie subsequent lockdown jou wêk ge’impact? Watter lesse dink djy moettie kuns en teatersbedryf na die toekoms niem in lig hiervan?

VJ: Ek dink it het natuurlik ie arts industry, ve'al teater hard geklap, want ôs depend op mass gatherings. Maa ek dink daa is ‘n gift in hoe die wêreld gestop et. En ek dink is nice dat ammel nou kan deal met demons wat hulle nog ie geface et ie. So, alhoewel ek ie nou teater kan maak ie, skep ek teater en jy wiet hoe it gaa' – ôs skryf al aan. En mens kan lee' uit ie feit dat ôs niks gegun is ie en dat alles in ‘n oogwink ka ve’anne. Ôs planne ka gou stop wôd al maak ôs hoeveel arrangements. Ôs is ie rêrag so in control does ôs dink ie. God is. 


Lies meer oor Veronique Jephtas ennie PEN Afrikaans collaboration mettie Jakes Gerwel Stigting: https://jgf.org.za/af/skrywersverblyf-vir-afrikaanse-skrywers/

Comments

Popular posts from this blog

A Dialogue with Clive Ridgway: Creativity, Country-Rock and the CTSS!

Let’s Talk Theatre Again #6: A Dialogue with Bianca Flanders on Theatre, TV and Her New Children’s Book!

Quanita Adams Receives a Standing Ovation for At Her Feet at the Baxter Theatre this Weekend!