Jolyn Phillips skiet nie mielies met haar woorde in 'radbraak' – come buy it at the Book Lounge!


Twee weke gelede het 'Cultsha Kennis' by die Book Lounge in Kaapstad gekuier saam met ander lesers, skrywers en akademies gemeenskap om Jolyn Phillips se nuwe gedigboekkie 'radbraak' te vier.

'radbraak' is 'n kolleksie van Afrikaanse gedigte wat geskryf is as 'n follow-up van haar kortverhaalbundel Tjieng Tjang Tjerries and Other Stories wat in 2016 gepubliseer was ('os is excited om daai een ook te lees, Jolyn!). 

Al hoe ken 'os vir Jolyn oor die jare as 'n skrywer en akademies persoon, 'radbraak' was soos 'n time-majien wat vir 'os terug vat na haar vorige lewensrole, soos wanneer sy varkvis en bokkie polony by die deli gesny't. Ons het ook nog van haar familielede leer ken, soos haar neef in die tweede hoofstuk van “kronieke van 'n plaasjapie in die stad” wie se abdas sy moet nie breek nie (Jolyn, hoekom het jy nie gese dat jy familie het in Athlone nie? Jy kan mos by 'os kom gekeuier't!).



Ja, die hart van Jolyn se stories gaan altyd oor haar karakters.

'radbraak' is soos 'n Afrikaans taal remix – 'n bietjie Kaaps, 'n bietjie skollietaal en aksente wat verwys aan Gaansbaai gepraatery (soos Jolyn se “ons het ons eie G's en R's!). Ons gunsteling lynne vannie boeke was “skiet mielies met jou woorde”, “ons almal is Bokkie polony gemix” en “'n funeral is 'n nice plek om te ko scout vir vars bloed”.

Die stories in die gedigte is soos 'n lekker puzzle speletjie, veral vir 'os Engelse jongers wat nog 'ose Afrikaanse taal roots moet nog opvolg!

Dankie Jolyn Phillips vir hierdie uitnodiging, en vir Helene Prinsloo van Human & Rousseau om hierdie resensie gelentheid vir 'Cultsha Kennis' te gee. Gaan koop 'radbraak' by die Book Lounge (Roeland Straat, Kaapstad) so gou soos moontlik – bel (021) 462 2425.

Cultsha Kennis and Jolyn Phillps


Jolyn lees en sing haar gedigte uit 'radbraak'

Hoofstuk 2 - Manenberg (Uit die gedig "Kronieke van 'n plaasjapie in die stad")

Inspirasie vaanie skrywer - dankie Jolyn! 

Comments

Popular posts from this blog

A Dialogue with Clive Ridgway: Creativity, Country-Rock and the CTSS!

Let’s Talk Theatre Again #6: A Dialogue with Bianca Flanders on Theatre, TV and Her New Children’s Book!

Quanita Adams Receives a Standing Ovation for At Her Feet at the Baxter Theatre this Weekend!