‘Os het Klippies Van Die Grond opgetel saam’t Carlo Daniels by die Artscape Theatre gisteraand!


Soos ‘os gisteraand gese’t, dis ongelooflik wat ‘n akteur kan doen met net 50 minute! Aangesien dat dit net die tweede keur wat ‘os Carlo Daniels op die verhoog gesien’t (die eerste keur was Blood Brothers by die Fugard Theatre in 2014!), hierrie one-man show was die perfekte geleentheid vir Cultsha Kennis beter vir hom te leer ken.   

Carlo se performance het baie verskillende karakters vir ‘os bekendgestel: Chadwin Klip (bynaam Klippie) wat op verhoor is vir die moord van sy vriend Rooiste; Maggie Booysen, ‘n joernalis van etv news wat die moord verhoor geondersoek’t (Carlo was op sy tone die hele tyd want die joernalis dra net stilletos!); en Boeta Ballie, ‘n vrugteverkope sonder tanne met ‘n slap in sy voet, en wat sy ervaring van Klippie gegee’t vir die news broadcast. Die karakters het sommige tuie gebots; daar was ‘n brilliante scene waar Klippie vir die joernalis ge’choke’t – ‘n waarlike demonstrasie van die talent van Carlo Daniels!  

Albei het allie charakters vir die gehoor laat behoorlik lag, was die storie beslis nie ‘n vrolike een. Dit was een van pyn en hartseer, en die storie het ge’highlight die onregte wat innie sociale-ekonomisie samelewing gebeur. Dit het spesiefik vir ‘os bewys hoe die system benefit uit ‘ose mense se ontmagtiging deur gansterism en dwelms misbruik – ‘n issue wat Leerooy, een vannie karakters, ‘n performance poet en activist, in sy musiek vir ‘os gerap’t!

Die produksie het in ‘n baie slim manier beligting gebruik om die mood vannie scenes te verander, en vir die storie verder ontwikkel. ‘Os het gereis na die mein karakter se kinderjare met Rooisten, en terug na die huidige tyd waar hy hallusineer binne innie tronk. Daar was ook crates op die verhoog, soos klippies op die grond, wat albei props gewees virrie karakters en building blocks virrie plot verteenwoordig.  

Dankie vir die Klippies Van Die Grond span – Carlo Daniels, Raezeen Wentworth, Iman Isaacs en Jannous Aukema – en Suidoosterfees vir ‘n brilliante produksie en die geleentheid gegee om ‘n nodige Kaapse Vlagte storie te vertel, en ‘os mense erken wat baie naby aan Cultsha Kennis se hart is.   


Comments

Popular posts from this blog

A Dialogue with Clive Ridgway: Creativity, Country-Rock and the CTSS!

Let’s Talk Theatre Again #6: A Dialogue with Bianca Flanders on Theatre, TV and Her New Children’s Book!

Quanita Adams Receives a Standing Ovation for At Her Feet at the Baxter Theatre this Weekend!